Reënval lyk maar sleg 

Redelik goeie reënneerslae van meer as 20mm is moontlik oor die droëlandgraangebiede in die noorde tot ongeveer 20 Januarie. Die landbou-weerkundige Johan van den Berg sê in sy nuutste klimaatsverslag dat die Grootfontein-, Otavi- en Tsumeb-omgewings in die volgende drie weke meer as 30mm reën kan verwag. Droër toestande sal waarskynlik heers vanaf die laaste deel van Januarie tot Maart. Dieselfde geld die Maroelaboom- en Veldduin-omgewing. In Summerdown en Hochfeld is tussen 20mm en 30mm reën moontlik hierdie week. Ligte neerslae van minder as 5mm is moontlik in Hardap rondom 16 Januarie, met tussen 10mm en 15mm rondom 28 tot 31 Januarie wat nie veel hoop vir die Hardapdam inhou nie. Maksimumtemperature van tussen 34°C en 40°C word vir ten minste die volgende drie weke in Hardap verwag.