Reën-vooruitsigte steeds half duister

Na die reën wat plek-plek geval het die afgelope naweek het Kosmos 94.1 Nuus gepraat met die bekende weerkenner en metereoloog Johan van den Berg oor ‘n langtermyn weervoorspelling. Volgens van den Berg kan die noordelike dele van Namibië in Desember reën verwag weens die tropiese vog wat kan oorbeweeg van Angola af. Ten spyte daarvan is ‘n volledige prentjie van die reën-seisoen onseker, weens die El-Niño weerverskynsel.