Reën verkort Australiese PGA-kampioenskap tot 54 putjies

Gholf: Die Australiese PGA-kampioenskap is tot 54 putjies verkort nadat swaar reën oor Brisbane die organiseerders genoodsaak het om die tweede ronde op die Royal Queensland-klub af te las. Die plaaslike speler Elvis Smylie loop voor ná ‘n openingsronde van 65. Victor Perez van Frankryk en die Switser Joel Girrbach is gesamentlik een hou agter hom in die tweede plek, met die Suid-Afrikaner Aldrich Potgieter twee houe agter die voorloper. Die toernooidirekteur, José Maria Zamora, sê die toernooi sal Sondag afgehandel word.