Reën speel klaar met Indië – Nieu-Seeland openingsdag

Krieket: Die openingsdag van die eerste toets tussen Indië en Nieu-Seeland in Bengaluru het uitgereën. Die stad in die suide van Indië het die afgelope 48 uur onder swaar reën deurgeloop en nog nat weer word vir die volgende paar dae voorspel. Nieu-Seeland se eenmalige toets teen Afghanistan naby Nieu-Delhi is verlede maand ook afgelas sonder dat een bal geboul is na vyf dae se reën.