Reën onderbreek krieket
Daar was geen uitslag in die vierde T20-wedstryd van die Richelieu Eagles teen Nederland nie. Die Hollanders het gekies om veldwerk te doen en die telling was 98 vir vier op 15 boulbeurte toe reën die wedstryd onderbreek. Die spanne het saam met Nepal, wat as gasheerland optree, aan die driehoekige reeks deelgeneem. Daar was ook ‘n reeks eendagwedstryde wat gespeel is. Op 5 Maart sal die finaal vir die reeks gespeel word.