Reën behoort voort te duur in die noorde

Tot dusver stel die reënval teleur. Terwyl daar voorspellings is vir neerslae, kom dit uiters wispelturig voor. In die suide, sê die bekende weerkenner George van der Merwe, sal die wolke opklaar, maar daar’s goeie nuus vir die noorde. Volgens Van der Merwe sal die stelsel nog ‘n geruime tyd duur.