Reeks kouefronte tref SA vanaf hierdie naweek

Die SA Weerdiens het gewaarsku oor naderende kouefronte hierdie naweek, met temperature wat na verwagting dramaties sal daal. Sneeu word vanaf vandag oor die Wes-Kaapse berge voorspel, wat môre na die Oos-Kaap sal uitbrei. Dit sal ook die suide van Namibië beïnvloed, waar ligte sneeu moontlik is. Celeste Fourie van die Weerdiens sê die eerste kouefront sal temperature aansienlik verlaag. Volgende week word daar vyf kouefronte verwag, wat koue en reënerige weer na die Wes-Kaap sal bring.