Reds glo hulle kan Wallis klop

Rugby: Die Queensland Reds van Australië glo hulle kan die rigtinglose Wallis-span môre in ‘n toerwedstryd in Brisbane klop. Die Walliesers het al hulle vorige nege wedstryde verloor, insluitend twee toetse teen die Wallabies en is vir die eerste keer in die geskiedenis nie onder die top tien op die wêreldranglys nie. Môre se wedstryd in die Suncorp-stadion is die laaste een van die seisoen vir albei spanne. Die Reds se hoofafrigter, Les Kiss, besef die Walliese afrigter, Warren Gatland is desperaat vir ‘n oorwinning en hy verwag ‘n goeie wedstryd.