RedForce steeds ‘n doring in Okh se vlees 

Die skuldinvorderaar RedForce was al telkemale ‘n teiken van inwoners in verskeie munisipaliteite, met klagtes oor hul werkwyse en teenwoordigheid. In Okahandja wil inwoners steeds weet hoe RedForce in hul dorp aangestel is, wat bydra tot hul frustrasie oor onvoldoende openbare dienste en die dorpsraad wat hom blykbaar nie aan hulle behoeftes steur nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gemeenskapsaktivis Sydney Gariseb, wat sê hulle het ‘n betoging gereël vir komende Maandag.