Redforce Debt Management laat wenbroue lig
Redforce Debt Management se betrokkenheid by skuldinvordering vir plaaslike owerhede in die land het ernstige kommer oor deursigtigheid en regverdigheid laat ontstaan. Volgens die PDM-LP Hidipo Hamata, het plaaslike owerhede die mandaat om water aan inwoners in hul gebiede te verskaf maar dat dit nie ‘n winsgedrewe onderneming is nie. Volgens hom het agt dorpe reeds Redforce aangestel en in byna almal, betoog inwoners omdat hulle na bewering voortdurend deur die maatskappy gedreig en geteister word. Maar, Redforce het vanaf September 2023 daarin geslaag om skuld van 1 miljard Namibiese dollar uit 1.5 miljard dollar te verhaal.