RedForce bring dringende aansoek teen Henties-munisipaliteit
RedForce het ‘n dringende aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien om te verhoed dat die Hentiesbaai-munisipaliteit sy skuldinvorderingskontrak beëindig. RedForce beweer dat die kansellasie die maatskappy erge en onherstelbare skade berokken het. Die maatskappy voer aan dat die beëindigingskennisgewings wat in September en Oktober uitgereik is ongeldig is, en sê hy het aan alle kontraktuele bepalings voldoen en nie die ooreenkoms verbreek het nie. RedForce vra die hof om die beëindigingsbriewe nietig te verklaar. Die Hentiesbaai-munisipaliteit regverdig egter die beëindiging na ‘n styging in munisipale skuld van 52 miljoen Namibiese dollar tot 62 miljoen dollar sedert die kontrak begin het. Die munisipaliteit beskuldig RedForce onder andere daarvan dat hy op onbehoorlike manier betalings geëis het.