Rederye verleng opskorting van vlugte na Midde-Ooste

Die voorste Europese lugrederye, Lufthansa, KLM en SWISS het aangekondig hulle verleng hul opskorting van vlugte na die Midde-Ooste, in die lig van die spanning wat dwarsdeur die streek toeneem. Dit volg ná Israelse aanvalle op Beiroet, en ‘n waarskuwing deur ‘n senior Withuis-amptenaar dat Iran voorberei om verdere missielaanvalle teen Israel uit te voer. KLM het die opskorting van sy daaglikse vlug na Tel Aviv tot die einde van die jaar opgeskort. Die Duitse lugredery Lufthansa het gesê hy staak vlugte na Beiroet tot en met 30 November.