Reddingsboei red Meatco
Meatco staar talle uitdagings in die gesig, maar sê daar is hoop vir die toekoms. Die ouditeure is egter van mening Meatco se verliese sou veel groter gewees het as die regering nie ‘n reddingsboei van 86 miljoen dollar gebied het nie. Die maatskappy het 590 ton meer beesvleis verkoop volgens sy jongste jaarverslag vir die tydperk 1 Februarie 2022 tot 31 Januarie 2023. Meatco het 560 miljoen dollar aan produsente uitbetaal waarvan 492 miljoen dollar in 2022. Mwilima Mushokabanji, uitvoerende hoof van Meatco, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Hy erken daar is ruimte vir verbetering…