Reddingsboei nodig vir hoofstad se sakekern

Die stand van sake in Windhoek se sentrale sakekern is ‘n groot bron van kommer. Na die impak van Covid-19 waartydens baie winkels gesluit het, staan baie winkels en kantoor-ruimtes steeds leeg. As jy rondkyk, is beweging in die sakekern duidelik baie minder as voorheen. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na dr. Leake Hangala, ‘n gerespekteerde sakeman, wat sê Namibiërs moet byeenkom om te kyk hoe om die stad en sy besighede te red. Dr. Hangala sê ‘n verlaging van huurgelde word opgemerk, maar hy vra hoe ver kan huurpryse verlaag word.