Red Soil-saak met koste van die hand gewys

Die Windhoekse hoërhof het ‘n hofbevel van Red Soil Energy and Mineral Exploration, om die ministerie van myne en energie se weiering om aan hulle ‘n mynlisensie in Januarie 2021 toe te staan, onwettig te verklaar, met koste van die hand gewys. Regter Esi Schimming-Chase het ook die saak as afgehandel verklaar en van die hofrol verwyder. Die maatskappy wou hê die hof moet ook minister Tom Alweendo se besluit hersien en tersyde stel. Alweendo het glo Red Soil  se aansoek om ‘n petroleum-eksplorasielisensie in Blokke 2512A en ‘n gedeelte van Blok 2612A van die hand gewys weens die maatskappy wat nie aan die tegniese en finansiële vereistes voldoen om eksplorasie-bedrywighede uit te voer nie.