ReconAfrica gereed om Naingopo-eksplorasieput te begin

ReconAfrica het ‘n bedryfs-opdatering gegee oor aktiwiteite wat verband hou met Petroleum Exploration License 73, of PEL 73, in noordoos Namibië. Die boortuig, kamp en toerusting is in plek om op 7 Julie met die hoë-impak Naingopo-eksplorasieput te begin. Veldspanne mobiliseer ook vir die aanvang van boorputbou-aktiwiteite vir Prospect P. Werk daar sal begin sodra die Naingopo-put klaar is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ndapewoshali Shapwanale, die direkteur van kommunikasie en belangegroep-verhoudinge by ReconAfrica, wat meer inligting gee.