Recon sê hy is gereed om hom in die hof te verdedig

ReconAfrica het sy reaksie gegee op die Economic en Social Justice Trust wat gekant is teen die uitreiking van ‘n omgewingsklaringsertifikaat aan dié Kanadese gas- en oliemaatskappy. Op 15 Junie 2022 het die Namibiese omgewings-kommissaris Timoteus Mufeti ‘n hernude omgewingsklaring-sertifikaat  aan ReconAfrica uitgereik ondanks openbare kommer oor die wettigheid van hul huidige boorprogram in die streke van Kavango-Oos en -Wes. Die trust, asook komitees van gemeenskapswoude en bewaringsgebiede gaan hul besware in April met die omgewingsministerie bespreek. Ndapewoshali Shapwanale, kommunikasiedirekteur van ReconAfrica sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle was gereed op 1 Maart, maar die Regshulpsentrum wat die beswaardes verteenwoordig, het vir uitstel gevra.