Rebebe nog te siek om in hof te verskyn
Die Kunene-polisie se streeksmisdaad- en ondersoek koördineerder, adjunkkommissaris Paavo Iiyambo, sê Nico Rebebe is steeds nie medies geskik om voor die Opuwo-landdroshof te verskyn nie. Die 30-jarige oud-werknemer van Bank Windhoek is Donderdag in Opuwo in hegtenis geneem nadat hy lank die reg ontwyk het. Rebebe het na bewering tussen Desember en Januarie ‘n diefstal van miljoene dollar by die bank georkestreer. Hy is kort ná sy arrestasie na die hospitaal geneem nadat hy siek geword het, omdat hy nie sy medisyne vir diabetes geneem het nie. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.