Reaksie op Zanu-PF se menseregtevergrype en dan, vergadering met kerke

Nadat hy die afgelope twee maande byna 100 aktiviste tronk toe gestuur het, het Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, Woensdag ‘n nasionale ontbyt-gebedsbyeenkoms gehou waarin hy God se leiding gevra het. Die gebedsbyeenkoms het senior lede van die regerende Zanu-PF en regeringsamptenare gelok wat met uitgesoekte geestelikes by Staatshuis vergader het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Setfree Mafukidze, ‘n Zimbabwiese aktivis, wat kommentaar lewer.