Reaksie op verwydering van deposito-vereiste op tweede eiendom

Reaksie word ontvang op finansminister, Iipumbu Shiimi, wat die vereiste vir huiseienaars wat ʼn tweede eiendom koop, om ‘n finansiële deposito te betaal, geskrap het. Ingevolge die nuwe regulasie is finansiële deposito’s gelykstaande aan tien-persent en finansiering van 90-persent slegs van toepassing op die verkryging van ʼn derde bewoonbare eiendom deur middel van finansiering deur ʼn instelling. Die uitvoerende hoof van die Bankiersvereniging van Namibië, Brian Katjaerua, verwelkom die nuus want dit stel die eiendomsmark oop: