Reaksie op reuse-stroopsyfers

Die omgewingsake-ministerie het die skok-aankondiging gedoen dat 28 renosters sedert die begin van die jaar in die land gestroop is. By verre meeste van die gestroopte diere was die krities bedreigde swartrenosters. Kosmos 94.1 Nuus het met Robert Kroger, die uitvoerende direkteur van die nie-regeringsorganisasie wat fokus op volhoubare jag, Blood Origins, gepraat.