Reaksie op miljoene vir GRN-voertuie

President Hage Geingob het in 2020 ‘n vyf-jaar moratorium aangekondig op die koop van nuwe voertuie vir die regering, maar die kabinet het desnieteenstaande ‘n verdere 25 miljoen Namibiese dollar goedgekeur vir die aankoop van 32 voertuie. In die vorige boekjaar is eers 29,7 miljoen Namibiese dollar begroot en dit is verhoog na 180 miljoen dollar vir die huidige finansiële jaar. Die Tender Bulletin berig ook dat geen tenders hiervoor verlede jaar deur die ministerie van werke en vervoer openbaar geadverteer is nie. Reaksie is ontvang van die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, wat aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het dit wys hoe onverantwoordelik die regering is.