Reaksie op klagte van dwelmhandel teen tiener, 16

‘n Namibiese tiener is op Karasburg aangekeer in besit van Mandrax, dagga en skunk-dagga. Die waarde van die talle hoeveelhede pille en dagga moet nog bepaal word en volgens die mag, is die 16-jarige in die sorg van haar ouers gelaat tot sy in die laerhof sal verskyn. Die oud-dwelmhoof van Nampol, kommissaris Hermie van Zyl, sê dit gebeur dat handelaars jongmense en selfs kinders gebruik om dwelms te smokkel omdat hulle nie noodwendig deur owerhede verdink word nie.