Reaksie op Hage se Brussel-reis, vir groen-waterstof

Die eerste Europese Unie-Namibië Groen Waterstof en Kritieke Grondstowwe Besigheidsforum begin eersdaags in Brussel, België. President Hage Geingob, wat die forum bywoon op uitnodiging van die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, is reeds in België. Hy is geskeduleer om op 27 Oktober na Namibië terug te keer. Hierdie besoek volg kort op die hakke van sy onlangse reise na New York en Kaapstad. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, het teenoor Kosmos 94.1 Nuus gereageer op die nuus dat die president weer op ‘n duur reis na die buiteland is op belastingbetalers se onkoste.