Reaksie op die skokkende tonele by Onafhanklikheid toe kos beskikbaar gestel is

Reaksie word ontvang op die tonele wat op Outapi uitgespeel het nadat President Hage Geingob die beskikbare kos vir die gepeupel gegee het en die belangrike gaste opdrag gegee het om nie te eet nie. Daar was nie genoeg kos nie maar, niemand kon hulle op die bestorming van die tente voorberei het nie. Honderde mense het neergesak op die tafels, kos uit borde gegryp en meer. Die oud-ombudsman advokaat John Walters het sy mening so verwoord.