Reaksie na GRN Samoa-ooreenkoms onderteken

Na die Namibiese regering die Samoa-ooreenkoms in November geweier het, wil dit voorkom asof hy op 18 Desember dit wel in Brussel onderteken het. Dit het aan die lig gekom met die Europese Unie wat die land verwelkom het. Die ooreenkoms, die Nuwe Vennootskapsooreenkoms tussen die EU en die Organisasie van Afrika, Karibiese Eilande en Stille Oseaan State, ook bekend as die Samoa-ooreenkoms vervang die Cotonou-ooreenkoms en bevorder handel met die lande. Die EU sê dit bied ‘n stewige grondslag en kontinuïteit aan die jarelange vennootskap tussen Namibië en die EU. Job Amupanda is boos oor die regering se U-draai en sê die regering verkoop die land. Ander kenners meen dat sonder nuwe of alternatiewe handelsvennote, het die regering nie veel van ‘n opsie gehad nie.