RDP-president ontevrede oor begroting

Lede van die Nasionale Vergadering debatteer steeds oor die begroting wat twee weke gelede deur die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, in die parlement ter tafel gelê is. Mike Kavekotora, die president van die Rally for Democracy and Progress het vandag in die parlement gesê hy stem nie saam met die begroting nie en sê die minister het ‘n begroting ter tafel gelê wat buite die regering se finansiële vermoë is.