RDP-faksie wil Rundu-konvensie ter syde laat stel

Die Rally for Democracy and Progress het ‘n dringende aansoek voor regter Orben Sibeya vanoggend teen die Namibiese Verkiesingskommissie, sy voorsitter sowel as Mike Kavekotora en drie ander partylede. Die party, saam met Hinananya Nehova en vier ander aansoekers vra die hof om die vierde nasionale konvensie wat op 7 September in Rundu plaasgevind het, as onwettig en ongeldig te verklaar. So ook alle besluite en nominasies, en die verkiesing van Kavekotora en Kenedy Shekupakela as onderskeidelik president en visepresident. Die aansoek word verdedig.