Ratcliffe belê groot in Manchester United

Sokker: Die Britse miljardêr Sir Jim Ratcliffe, het ingestem om ‘n belang van 25 persent in Manchester United vir meer as 29 miljard Namibiese dollar te bekom. Hy sal beheer van die Premierliga-klub se operasionele sake oorneem. Die 71-jarige voorsitter van Ineos sal ook 5,5 miljard dollar vir toekomstige beleggings in die klub se Old Trafford-stadion beskikbaar stel. Ratcliffe sê hy wil die sukkelende United weer bo-aan Engelse, Europese en wêreldsokker sien, waar hulle hoort.