Rassisme op Kovsies uitgelig

AfriForum Jeug het beweerde skokkende rassistiese opmerkings deur ‘n dosent aan die Universiteit van die Vrystaat, Pedro Mzileni, aan die lig gebring. Dit is op ‘n video vasgelê. Die jeugorganisasie het in Augustus ‘n klagte oor rassisme by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die universiteit ingedien. René van der Vyver van AfriForum Jeug sê in die video kan gehoor word hoe Mzileni verdelende uitsprake maak wat die mishandeling van wit mense se kinders aanmoedig. Van der Vyver sê hulle poog om bewustheid van onvanpaste inhoud in sommige lesingsale te verhoog.