Rassie waarsku teen Iere in tweede toets
Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is verlig hulle het Ierland vir die eerste keer onder sy aanvoering ondergekry. Na drie loesings teen die Iere het die Bokke tevrede gestel met ‘n 27-20 oorwinning op Loftus Versfeld. Die twee spanne pak mekaar weer Saterdag in Durban en Ierland sal alles in die stryd werp om die reeks gelykop te maak, terwyl Suid-Afrika vasberade is om skoonskip te maak. Erasmus waarsku die besoekers is oorgehaal om op Kingspark te wen.