Rassie sterk aan na fratsongeluk

Rugby: Die Springbokke se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, is ná ‘n fratsongeluk in die hospitaal opgeneem. SA Rugby sê in ‘n verklaring Erasmus sterk aan na ‘n mediese prosedure vir chemiese brandwonde wat hy in opgedoen het terwyl hy ‘n kragtige skoonmaakmiddel gebruik het. Die verklaring sê Erasmus is nie in enige langtermyn gevaar nie, en is andersins in goeie gesondheid en verwag om volgende maand voltyds terug te keer werk toe.