Rassie sê oor span vir Wallis

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth en Bongi Mbonambi is voorlopers om die span volgende naweek op Twickenham in die eenmalige toets teen Wallis aan te voer. Kaptein Siya Kolisi is nie beskikbaar nie omdat dit buite die amptelike toets-venster val en sy Franse klub, Racing 92, hoef hom nie vir internasionale diens vry te stel nie. Erasmus sê ʼn finale besluit oor die kapteinskap sal voor volgende maand se reeks van twee wedstryde teen Ierland geneem word: