Rassie sê die Saterdag-span het goeie balans

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om die jaar op ‘n positiewe noot af te sluit wanneer hulle Saterdag in Cardiff teen Wallis te staan kom. Hy het sewe veranderinge aangebring aan die span wat Engeland geklop het, met Jaden en Jordan Hendrikse as die 36ste stel Springbok-broers, wat as skakelpaar uitdraf. Cameron Hanekom gaan die 12de Bok word wat sy toetsbuiging hierdie seisoen maak. Erasmus sê die span is ‘n goeie mengsel van ervaring en jeug, wat van kardinale belang is om konsekwentheid in keuses te handhaaf.