Rassie maak 12 veranderings vir Engeland
Rugby: Die Springbokke se opdrafspan teen Engeland toon 12 veranderings aan die span wat Skotland verlede naweek 32-15 geklop het. Slegs Eben Etzebeth, Ox Nché en Bongi Mbonambi bly oor. Die Bulle-stut Wilco Louw sluit aan by RG Snyman en die losvoorspelers Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit en Jasper Wiese in die beginspan. Grant Williams en Manie Libbok is die skakelpaar. Cheslin Kolbe, Kurt-Lee Arendse, Damian de Allende, Jesse Kriel en Aphelele Fassi is ook deel van die nuwe agterlyn. Daar is vyf voorspelers en drie agterspelers op die bank.