Rassie loop voor as ‘beste afrigter ooit’

Rassie Erasmus loop tans voor in ‘n internasionale peiling waarin rugby-ondersteuners wêreldwyd die beste afrigter ooit uit ‘n sterbelaaide groep kandidate kan aanwys. SA Rugby se direkteur van rugby is besig om sy voorsprong te rek in die webwerf RugbyPass se Heldesaal wat die beste spelers van alle tye vereer. Deelnemers kan tans vir ‘n afrigter stem vir die saamgestelde span van die beste spelers ooit. Erasmus het vroeg in die peiling reeds die voortou geneem, met die gewese All Black-afrigter Steve Hansen ‘n kortkop agter hom.