Rassie kondig 39 spelers aan vir Ierland, Portugal

Rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het ‘n sterk groep van 39 spelers aangewys asook ‘n bykomende 14 spelers is op ‘n bystandslys vir die toetse teen Ierland en Portugal. Nege spelers wat nie beskikbaar was vir die toets teen Wallis nie en twee nuwelinge is ingesluit. Die twee nuwelinge is die haker en stut van die Bulle, Johan Grobbelaar en Jan-Hendrik Wessels. Cheslin Kolbe en Lukhanyo Am is terug na beserings. Handré Pollard, Jasper Wiese, Siya Kolisi, RG Snyman, Marco van Staden, Kurt-Lee Arendse en Willie le Roux is ook terug.