Rassie het meer gedoen vir transformasie as ANC in 30 jaar
Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dit is kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie voortdurende onder druk van die regering is om sekere transformasie-teikens te behaal. ‘n Omvattende oudit van 206-bladsye wat Saru saamgestel het, lui die Springbokke en ander spanne in die land het nie hulle transformasieteikens verlede jaar gehaal nie. Heloïse Denner van die party sê Rassie Erasmus en sy span het die afgelope aantal jare meer vir transformasie en nasiebou vir die land gedoen as wat die ANC in 30 jaar kon regkry: