Rassie finaliseer bestuurspan

Die Springbok-hoofafrigter, Rassie Erasmus, het sy nuwe bestuurspan gefinaliseer met die aanstelling van die voormalige Munster-speler, Paddy Sullivan as prestasie-ontleder. Hy kry ’n permanente pos nadat hy ’n konsultant was vir Suid-Afrika, tydens verlede jaar se suksesvolle Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Sullivan sluit hom by nóg twéé nuwe lede aan – die voormalige All Blacks-losskakel Tony Brown as aanvalsafrigter, en die voormalige Ierse toetsspeler Jerry Flannery as verdedigingsafrigter. Nienaber sê Brown en Flannery behoort die Bokke te help om hul teenstanders altyd een vóór te bly.