Randall Williams se eerste bedanking geld
Die Stad Tshwane sê die burgemeester, Randall Williams, se eerste bedankingsbrief sal geld. Williams het in ‘n brief aangekondig dat hy nie ná Maandag 13 Februarie meer burgemeester sal wees nie. Hy het hom egter bedink en daarna geskryf dat sy bedanking eers vandag in werking sal tree. Die speaker van die metroraad, Murunwa Makwarela, sê hulle het besluit om ’n formele regsmening oor die geldigheid van die bedanking te verkry ná die voormalige burgemeester se tweede bedankingsbrief waarmee hy die eerste een wou wysig: