Rand Water waarsku oor ineenstorting in Gauteng

Rand Water waarsku indien die hoë waterverbruik in Gautengse metro’s voortduur, kan die waterstelsels moontlik ineenstort. Die watervoorsiener sê die hittegolf lei steeds tot hoër verbruik as die voorgestelde teikens vir Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni. Rand Water sê hy onttrek tans meer water as waarvoor sy lisensie voorsiening maak, en pomp slegs om in munisipaliteite se toenemende aanvraag te voorsien. Die instelling sê die huidige situasie laat geen ruimte vir bykomende waterproduksie uit sy stelsels nie.