Rand Water sê ou infrastruktuur veroorsaak onnodige vermorsing

Rand Water sê hy is bekommerd oor die koers waarteen Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni water verloor te midde van voorsieningsprobleme. Die waterinstelling pomp 5 miljard liter water per dag wat in grootmaat aan munisipaliteite verkoop word. Daar is egter probleme met lekkasies en uitstaande skuld. Rand Water se bedryfshoof, Mahlomola Mehlo, sê munisipaliteite se hoë waterverbruik word vererger deur die vermorsing van water: