Rand Water mors 2 000 kiloliter water per sekonde: VF Plus
Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê hy hou Rand Water direk aanspreeklik vir watervermorsing, asook sy moontlike aandeel in die onlangse waterkrisis in Johannesburg en die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit. Byna 2 000 kiloliter water vloei elke sekonde uit Rand Water se drie gebarste watertoevoer-pypleidings- in die Kromvlei-gebied tussen Midvaal en Alberton. Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus het meer.