Rand, en Namibiese dollar, versterk teenoor Amerikaanse dollar
Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het vanmiddag versterk teenoor ‘n swakker dollar. Dit is voor die nasionale verkiesing môre wat kan meebring dat die regerende party vir die eerste keer in 30 jaar sy meerderheid verloor. Die rand het teen 18,28 teenoor die dollar verhandel, sowat 0,3 persent sterker as sy vorige sluiting. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, gesels oor wat sy verwagtinge vir die rand môre is.