Rand, en Namibiese dollar, styg voor VSA verkiesing

Die rand het vandag teenoor die dollar verstewig tot ʼn hoogtepunt van 17-rand-50-sent, terwyl die Amerikaanse geldeenheid verswak het. Opbrengste van die Amerikaanse Tesourie het met vyf-basispunte verswak. Beleggers berei hulle voor vir dié week se Amerikaanse verkiesing en ʼn waarskynlike rentekoersverlaging deur die Amerikaanse Federale Reserweraad, wat albei wêreldmarkte kan beïnvloed. Meningspeilings toon sterk mededinging tussen die Demokratiese kandidaat, Kamala Harris, en die Republikein, Donald Trump, terwyl die uitslag ʼn wesenlike invloed sal hê op toekomstige neigings ten opsigte van dollar- en effekte-opbrengste.