Rand, en Namibiese dollar, styg skerp

Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het oornag teenoor die Amerikaanse dollar verstewig. Die dollar is onder druk na vooruitskattings van die Federal Reserve dat rentekoerse waarskynlik in 2024 laer sal neig. Nadat die rand gister teen bykans 19 rand 10 sent teenoor die dollar verhandel het, verhandel dit vanmiddag teen 18 rand 51 sent. Die geldeenheid het die afgelope jaar bykans 8 persent van sy waarde verloor.