Ramptoestand vir droogte deur landbou verwelkom
Die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, verwelkom die amptelike verklaring van ‘n ramp in verband met die droogte. Daar is 825 miljoen Namibiese dollar tot Junie volgende daarvoor begroot. Die groter deel, 600 miljoen dollar gaan aan voedselbystand en die res, vir landbou wat dit broodnodig het. Pretorius sê verligting sal nou moontlik wees.