Ramptoestand verjaar op 15 Maart, hef dit op, meen Winde

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het President Cyril Ramaphosa versoek om die Presidensiële Koördineringsraad dringend saam te roep om stappe te bespreek om die nasionale ramptoestand te beëindig. Die ramptoestand en sy regulasies is veronderstel om op die 15de van die maand te verstryk. Winde sê daar is absoluut geen geldige redes waarom dit verleng moet word nie. Hy sê die land moet die reaksie op Covid-19 deur bestaande maatreëls vir openbare gesondheid normaliseer: