Ramptoestand is waansin – Solidariteit

Solidariteit sê die afkondiging van ‘n ramptoestand om die land se energiekrisis te hanteer, sal weereens die deure oopmaak vir grootskaalse bedrog en korrupsie. Die kragkrisis was die naweek by sy lekgotla hoog op die agenda van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, waar ag geslaan is op toenemende oproepe om die krisis as ‘n nasionale ramptoestand te verklaar. Connie Mulder van Solidariteit sê dis waansin om die regering met die magte van ‘n ramptoestand te vertrou terwyl hulle wanbestuur die oorsaak van die ramp is: