Ramaphosa woon begrafnis van 21 jeug wat by taverne sterf môre by

President Cyril Ramaphosa gaan die massabegrafnis bywoon van die 21 jongmense wat voorverlede Sondag in die Enyobeni-taverne in Scenery Park, Oos-Londen, dood is. Die oorsaak van die sterftes is nog nie bekend nie. Die begrafnis vind môre by die Scenery Park-sportveld plaas. Die Presidensie sê Ramaphosa sal vergesel word deur die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane en provinsiale en plaaslike leiers om die gesinne van die slagoffers te ondersteun. Sommige families verkies volgens berigte om hulle kinders privaat te begrawe.